As die PARYS Marathon gogga byt!

Tydens ‘n gesinsbesoek aan Parys het ek besluit om eendag terug te gaan om aan die Parys Marathon te gaan deelneem. Dit word om vanselfsprekende redes geag as een van die top 10 internasionale marathons. Hierdie dag het toe ook gouer aangebreek as wat ek ooit verwag het en gedurende November 2013 het ek ingeskryf en ‘n vliegtuigkaartjie gekoop om aan my eerste internasionale marathon te gaan deelneem op Sondag 6 April 2014.

Om ‘n bietjie ekstra waarde vir my vliegkaartjie te kry, het ek besluit om van die geleentheid gebruik te maak om voor en na die marathon ‘n paar ander besienswaardighede in die streke naby en rondom Parys te besoek soos die D-Day beaches, Mont St Michel Abbey, die middeleeuse kusdorp, Saint Malo, as ook sommige van die talle kastele in en rondom die Loire valley.

mixed
image006

Die oggend was ‘n perfekte lentedag en het ek heel ongewoon eers 06h00 opgestaan om ontbyt te gaan eet om 07H00 te vertrek vanaf die stasie vir ‘n marathon wat eers 08H30 begin. Ongewoon vir my, want in Suid-Afrika is mens teen hierdie tyd al amper klaar gehardloop. Oral op die stasies en treine was daar atlete te sien en toe ek by Charles de Gaulle Etoile-stasie, die naaste aan die beginpunt, afklim, het dit alreeds gewemel van al die atlete wat vanuit alle uithoeke van die stad daar aankom.

Daar was 9 groepe atlete (totaal van 50 000) wat in tydgleuwe en kleurkodes opgedeel is, volgens die tyd wat jy beplan om te hardloop. Om 08H30 het die Elite groep weggespring en daarna om 08H45 het die res van die groepe in serie weggespring om die kongestie te verminder en die vloei van atletete versprei. Ek was geregistreer in die 3H45 groep, wat op sy eie sovee latlete bevat soos die totale aantal atlete vir die 2 Oseane Ultra Marathon, amper 11 000! Elke atleet het ‘n “disposable microchip” op die agterkant van sy wedloopnommer en jou amptelike tyd begin eers wanneer jy by die beginpunt verbybeweeg en gevolglik is daar geen gestamp en gestoot en oor mekaar se voete val tydens die wegspring nie. Terwyl jy wag in jou groep, is daar instrukteurs wat die atlete laat opwarmingsoefeninge doen op die maat van musiek wat die wagtyd korter laat voel.
Die wedloop begin by die by Arc de Triomphe in die Champ de Elysees. Hierna neem die roete jou verby die La Concorde, Bastille, Vincennes Kasteel en deur die Vincennes woud tot by die halfpadmerk waar jy weer terug is in Parys se strate en hardloop mens sewe manjefieke kilometres langs die Seinrivier, verby Notre Dame en die Eiffeltoring by 30km, rondom die Roland-Garros Stadium en verby die “Bois de Boulogne” voordat mens by “Porte Dauphine” die eindpunt arriveer.

Nodeloos om te sê dit was ongetwyfeld die beste ondervinding van alle wedlope waaraan ek al deelgeneem het. Die “Schneider Electric” Paris Marathon is net soos die hoofborg se naam impliseer, 42km van ‘n elektriese belaaide aansteeklike atmosfeer en gees, met elke tree van die roete toeskouers en tientalle orkeste. ‘n Onbeskryflike mooi roete en beslis ‘n marathon wat alle verwagtinge sa loortref.

Die gogga het my nou behoorlik gebyt en my “wish-list” van bekende internasionale marathons om nog te doen het skielik baie lank geraak.

image008
image010