Baie geluk aan al ons lede wat ‘n baie suksesvolle Two Oceans gehardloop het. Dit was ‘n groot hoogtepunt op baie lede se hardloop kalenders. Daar was 55 klublede wat aan die 21.1km deelgeneem het, 48 lede wat aan die 56km deelgeneem het en 2 lede wat aan die 20km trailrun deelgeneem het.

Die volgende groot wedloop op ons hardloop kalender is die groot C wat hierdie jaar op 1 Junie plaasvind vanaf Pietermaritzburg na Durban. Ons gaan oudergewoonte lekker saamkuier om ‘n heerlike bord pasta by La Pineta op 28 Mei – ons hoop om almal daar te sien om ons Comrades atlete sterkte toe te wens!

Baie geluk aan Mike en Stefni met die geboorte van hulle seuntjie, Simon, op 17 April en ook aan Ben en Anél met die geboorte van hulle baba dogtertjie. Ek hoop hulle sal aan julle tonne vol vreugde en vrede verskaf en dat elkeen alreeds ‘n paar tekkies het wat binnekort ingewy gaan word.

Two Oceans pasta party
Ons klub het ons jaarlikse Two Oceans Pasta Party gehou op 15 April om al ons atlete sterkte toe te wens. Ons het heerlik saam gekuier by Eaglevlei Wynlandgoed en almal sal saamstem dat die pasta uit die boonste rakke was. Ons gasspreker vir die aand was Dawn Saunders, ‘n sportsielkundige, wat aan ons ‘n lesing gegee het oor motivering vir die lang pad wat voorlê in ons tekkies.

20140415 TO Party08

20140415 TO Party07

20140415 TO Party05

20140415 TO Party04

20140415 TO Party03

20140415 TO Party09

20140415 TO Party10

20140415 TO Party02

20140415 TO Party01

20140415 TO Party06